← Back to catalogue
Gedenkschriften van Paul Kruger (Nederlands)

Gedenkschriften van Paul Kruger (Nederlands)

R 350.00excl. tax

1 in stock

Description

‘Gedenkschriften van Paul Kruger’ bevat die lewensherinneringe van Stephanus Johannes Paulus Kruger (1825–1904), president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, soos hy dit tydens sy ballingskap ná die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog aan sy private sekretaris H.C. Bredell en Piet Grobler gedikteer het. Die boek vertel van sy kinderjare en die Groot Trek-era, sy vroeë openbare loopbaan, die politieke en militêre konflikte in Transvaal en sy opkoms tot staatspresident. Dit beskryf die Eerste Vryheidsoorlog van 1880–1881, sy daaropvolgende presidentskappe en die toenemende spanning tussen die Boererepublieke en Brittanje. Kruger se eie weergawe van gebeure bied ’n waardevolle primêre bron vir die bestudering van die politieke geskiedenis van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog. Die boek bevat ook verskeie toesprake deur Kruger. Die Nederlandse uitgawe, verwerk deur Frederik Rompel, is in 1902 deur J. Funke in Amsterdam uitgegee en beslaan ongeveer 274 bladsye.

Condition

Goeie toestand, omslag verouderd.

Filed under: (Outo-)biografieë